RUGBY OP SY BESTE

SPS Brandfort het ‘n baie ryke rugby tradisie, wat oor die jare verskeie ligas verower het. Ons neem deel regoor die sentrale streek en is ingeskryf in die Vrystaat Hoërskole en Laerskole se stadsliga.
Hoërskole:
Daar is tans 4 spanne wat in die Vrystaat Hoerskole Rugby Vereniging se ligas ingeskryf is nl: 1ste Span (o/19), 2de –span (o/19B), o/16A en o/15A spanne. In 2015 het al die spanne, behalwe die 2de-span, in die semi-finale gespeel en die o/16’s het in die finaal gespeel. Drie van die 4 afrigters van die Hoërskool se spanne is ook provinsiale afrigters.
Ons o/16’s en o/19’s word gekies vir die VS Kiewiete wat op Reitz (o/19) en Frankfort (0/16) by die VKB-weke deelneem. Die o/19’s kom in aanmerking kom vir die SA Plattelandspan wat elke jaar oorsee toer. Jaarliks is daar ten minste een van ons seuns in daardie span.
Die 1ste-span, ook bekend as die Foxterriers (naam wat aan hul toeken is deur die veggees wat hulle jaarliks wys) is die trots van die skool en vir elke seuns ‘n droom om daarvan deel te wees. Met hierdie veggees is ons elke jaar ‘n krag om mee rekening te hou.
Laerskole:
Ons speel in Bloemfontein se stadsliga met ons o/7 (Buksbulle), o/9, o/11 en o/13 spanne. Ons kweek van kleintyd af liefde vir die spel waar genot en goeie sportmanskap is ons eerste prioriteit is. Ons o/13 seuns word gekies vir die Vrystaat Platteland span wat dan weer gaan deelneem by die mini-Cravenweek in Bloemfntein op n jaarlikse basis.
By SPS is rugby ons liefde en ons spanmaats ons familie.

[jig_vc][justified_image_grid facebook_id=127414657390754 facebook_album=974833582648853][/jig_vc]

SWEM

By SPS is die swemgala ‘n groot lekkerte. Man en muis trek saam om die swembad. Die skool beskik oor ‘n groep uitstekende swemmers en die rekords spat gereeld. Vir die leerders gaan dit oor die lekker gees en deelname tussen die verskillende spanne .Die gala word gewoonlik met n “modeparade” afgeskop. Daar word heerlik saamgelag as die matrieks, ouers en onderwysers teen die einde van die gala spanne maak en in aflosspanne teen mekaar deelneem.
Die gala is egter net ‘n klein deeltjie van al die moeite en opoffering van ouers, afrigters en organiseerders dwarsdeur die jaar.
Na die gala in die eerste kwartaal, word die kwalifiserdende swemmers ingeskryf vir die Inter Primêr en Inter Hoër Gala onderskeidelik en dit vind gewoonlik plaas in Bloemfontein by die Stadion swembad. By hierdie byeenkoms kan swemmers kwalifiseer en opgeneem word in die Vrystaatspan. Vanaf die 4de kwartaal is daar elke middag oefentye vir alle ouderdomsgroepe.

[justified_image_grid facebook_id=127414657390754 facebook_album=1212992808832928]

TENNIS

Laerskool Tennis
Die laer- en hoërskooltennis by SPS word elke jaar met groot entoesiasme aangepak. Ligas teen Bloemfonteinskole neem in aanvang in die 2de kwartaal en eindig ongeveer middel Augustus in die 3de kwartaal. Later in die jaar word ‘n rondomtalie gehou om die nommer 1 speler/speelster van die jaar te bepaal, wat op die prysuitdeling vereer word. Daar is ook genoeg geleenthede vir talentvolle spelers om te kwalifiseer vir die Vrystaat ranglys en provinsiaal te gaan deel neem.
Gedurende die 3de kwartaal word daar ook dwergtennis vir die Grondslagfase en Beginnertennis vir Gr.4-7 onderskeidelik aangebied. Dit kweek ‘n liefde vir die spel en vorm ‘n goeie basis vir opkomende spelers wat wil daag om deel te word van die spanne.
Onderwysers en gewillige ouers se insette help om ‘n groot sukses van SPS se tennis te maak.

KRIEKET

Krieket is ons skool se trots. Gedurende die 1ste en 4de kwartaal durf SPS die skole in Bloemfontein aan in ligawedstryde. Van so jonk soos 7 jaar maak die seuns kennis met die “botterspaan” en bal. Spanne regdeur die laer – en hoërskool oefen op ‘n daaglikse basis tydens die seisoen. Die skool het ook 5 krieketnette wat ‘n groot trots vir elke speler is.
Dogters- krieket geniet ook aandag hier by SPS!
Verder kry ons Hoërskool krieketspelers ook die geleentheid om ingesluit te word in verteenwoordigende streekspanne.

ATLETIEK

“Op julle merke. Gereed…. Gaan!” – Is een van die baie dinge wat by die atletiek gehoor word. Daar is iets van alles, van naellope tot gewigstoot vir oud en jonk. Dis tog hier waar die sterk manne kom spog.
Die jaarlikse klere-atletiek is altyd ‘n hoogtepunt. Die eerste skoot klap met interessante optogte wat dan gevolg word met vurige gees van die leerders op die pawiljoen. Dan begin die aktiwiteite waar die kinders teen hul ouderdomsgroep sal meeding en die dag geniet. Tot die Bollieskool en Klouter Kabouter se maatjies kom hol dat die stof staan. Te danke aan ons ouers en die onderwysers is daar oor as genoeg lip-lek-lekker kos te koop. Die kleure-byeenkoms is verseker een van die opwindendste byeenkomste van die jaar.

NETBAL

By SPS is die swemgala ‘n groot lekkerte. Man en muis trek saam om die swembad. Die skool beskik oor ‘n groep uitstekende swemmers en die rekords spat gereeld. Vir die leerders gaan dit oor die lekker gees en deelname tussen die verskillende spanne .Die gala word gewoonlik met n “modeparade” afgeskop. Daar word heerlik saamgelag as die matrieks, ouers en onderwysers teen die einde van die gala spanne maak en in aflosspanne teen mekaar deelneem.
Die gala is egter net ‘n klein deeltjie van al die moeite en opoffering van ouers, afrigters en organiseerders dwarsdeur die jaar.
Na die gala in die eerste kwartaal, word die kwalifiserdende swemmers ingeskryf vir die Inter Primêr en Inter Hoër Gala onderskeidelik en dit vind gewoonlik plaas in Bloemfontein by die Stadion swembad. By hierdie byeenkoms kan swemmers kwalifiseer en opgeneem word in die Vrystaatspan. Vanaf die 4de kwartaal is daar elke middag oefentye vir alle ouderdomsgroepe.

[justified_image_grid facebook_id=127414657390754 facebook_album=974833582648853]

PERDRY

Ons neem aan vier USSASSA Skoue deur die loop van die jaar deel.  Danksy ons  afrigter, Ronél, is die harde werk van die jaar  beloon toe Desseré van Nieuwenhuizen vir al vier haar klasse gekies word vir die Vrystaatspan, wat gaan deelneem aan die SA Kampioenskappe.