WELKOM BY
STAATSPRESIDENT SWART SKOOL
‘n Plattelandse skool met leerdertal van 520 vanaf Graad R tot Graad 12. Ons beywer ons by SPS om leerlinge te ontwikkel en te leer volgens vaste beginsels en Christelike waardes. Ons fokus op die totale ontwikkeling van elke leerder om ‘n gebalanseerde persoon te ontwikkel. Die Hoërskool SPS trag om met Afrikaans as voertaal opvoeding te bied wat die volle ontwikkeling van elkeen van sy leerlinge verseker. Alle onderrig is streng op christelike beginsels en norme gefundeer. Dit behels professionele onderrig op die hoogste vlak, met ‘n gesonde balans tussen Akademiese, Geestelike Kulturele en Sportbedrywighede, regte betrokkenheid van die hele skoolgemeenskap en individuele aandag aan alle leerlinge is komponente van hierdie opset. Daar word ook gestrewe om ons ryke kultuurerfenis en ‘n trotse tradisie as ‘n integrale deel van die totale opvoedingspakket van die skool te maak.
Skoolure:
Maandae: 08:00 – 13:45
Dinsdae – Donderdae: 07:30 – 13:45
Vrydae: 07:30 – 13:00
Kontaknommer:
Kontak ons gedurende besigheids ure vir enige navrae
051 821 2251