EMILY HOBHOUSE KOSHUIS

Staatspresident Swart se weekhuis wremel van haasbekglimlagte en die geurige aroma’s vanuit die liplekker eetsaal – die hart van die koshuis!

Die koshuis is nie net die gebou nie, dis die saamwees en liefde van die SPS-familie. Binne is die hartklop van die koshuiskinders. Die kersie op die reeds verruklike koek – die kos! Soms moet jy jouself knyp om te besef dat jy nie in ‘n restaurant sit nie. Hierdie maaltye is nie net ‘n lafenis vir die aptyt nie, maar vir die siel.

Klink dit te goed om waar te wees? Kom en ervaar dit eerstehands – wees net op jou pasoppens, voor jy jou oë uitvee, het die SPS-huis jou inkatrol.

Die koshuis huisves tans 90 leerders en bestaan uit aparte vleuels vir seuns en meisies. Die Gr.R – 3 leerders bly op die onderste vloer, Gr. 4 – 8 op die middelste verdieping en Gr 9 – 12 op die boonste verdieping. Beide seuns- en meisiegange beskik oor algemene geriewe soos baddens, storte, toilette en wasbakke.

KOSTES

Maandeliks – R1150
Jaarliks – R18 720

STUDIETYE

14:30 – 15:15
18:30 – 19:30
20:00 – 21:00

Die skool bied ook busroetes vir leerders van omliggende dorpe. Dit sluit die volgende roetes in na  Theunissen, Winburg, Verkeerdevlei, Excelsior en Bloemfontein. Busse ry op Maandagoggende en Vrydagmiddae om leerders en ouers te help met vervoer sodat daar geen verskoning kan wees om nie na die beste plattelandse skool toe te kom nie.

Nicolette Janse van Rensburg

ALBUM

[jig_vc][justified_image_grid facebook_id=127414657390754 facebook_album=1488373124628227][/jig_vc]