RUGBY OP SY BESTE

SPS Brandfort het ‘n baie ryke rugby tradisie, wat oor die jare verskeie ligas verower het. Ons neem deel regoor die sentrale streek en is ingeskryf in die Vrystaat Hoërskole en Laerskole se stadsliga.

Hoërskole:

Daar is tans 4 spanne wat in die Vrystaat Hoërskole Rugby Vereniging se ligas ingeskryf is nl: 1ste Span (o/19), 2de –span (o/19B), o/16A en o/15A spanne. In 2015 het al die spanne, behalwe die 2de-span, in die semi-finale gespeel en die o/16’s het in die finaal gespeel. Drie van die 4 afrigters van die Hoërskool se spanne is ook provinsiale afrigters.
Ons o/16’s en o/19’s word gekies vir die VS Kiewiete wat op Reitz (o/19) en Frankfort (0/16) by die VKB-weke deelneem. Die o/19’s kom ook in aanmerking vir die SA Plattelandspan wat elke jaar oorsee toer. Jaarliks is daar ten minste een van ons seuns in daardie span.
Die 1ste-span, ook bekend as die Foxterriers (naam wat aan hul toegeken is deur die veggees wat hulle jaarliks wys) is die trots van die skool en vir elke seuns ‘n droom om daarvan deel te wees. Met hierdie veggees is ons elke jaar ‘n krag om mee rekening te hou.

AFRIGTERS

1ste Span

Henco de Wet

Afrigter


Erik Burger

Afrigter


O/16

John Reyneke

Afrigter


O/15

Quentin Posthumus

Afrigter


Laerskole:

Ons speel in Bloemfontein se stadsliga met ons o/7 (Buksbulle), o/9, o/11 en o/13 spanne. Ons kweek van kleintyd af liefde vir die spel waar genot en goeie sportmanskap  ons eerste prioriteit is. Ons o/13 seuns word gekies vir die Vrystaat Platteland span wat dan weer gaan deelneem by die mini-Cravenweek in Bloemfntein op ‘n jaarlikse basis.
By SPS is rugby ons liefde en ons spanmaats ons familie.

O/13

Flippie Slabbert

Afrigter


O/11

WH van der Colf

Afrigter


O/9

Henrique Zeelie

Afrigter


Buksbulle

Quentin Posthumus

Afrigter