Swemgala en Snelgala

By SPS is die swemgala ‘n groot lekkerte. Man en muis trek saam om die swembad. Die skool beskik oor ‘n groep uitstekende swemmers en die rekords spat gereeld. Vir die leerders gaan dit oor die lekker gees en deelname tussen die verskillende spanne .Die gala word gewoonlik met n “modeparade” afgeskop. Daar word heerlik saamgelag as die matrieks, ouers en onderwysers teen die einde van die gala spanne maak en in aflosspanne teen mekaar deelneem.
Die gala is egter net ‘n klein deeltjie van al die moeite en opoffering van ouers, afrigters en organiseerders dwarsdeur die jaar.
Na die gala in die eerste kwartaal, word die kwalifiserdende swemmers ingeskryf vir die Inter Primêr en Inter Hoër Gala onderskeidelik en dit vind gewoonlik plaas in Bloemfontein by die Stadion swembad. By hierdie byeenkoms kan swemmers kwalifiseer en opgeneem word in die Vrystaatspan. Vanaf die 4de kwartaal is daar elke middag oefentye vir alle ouderdomsgroepe.

AFRIGTERS

Uschaan Burger

Afrigter


Franchelle Posthumus

Afrigter


Sanel van Zyl

Afrigter


El-Cheri Fourie

Afrigter