Vissers van Mense

Juanita Taljaard

Koördineerder


Henrique Zeelie

Koördineerder


Nicole Waldick

Koördineerder


SPS se VCSV het ’n hart vir bediening en streef daarna om “vissers van mense” te wees.

Ons hou elke Maandagaand kringe waar ons belangrike kwessies bespreek wat tieners raak – van geloofsvrae tot alledaagse uitdagings.

Elke jaar bied ons ook ’n Geestelike Week aan wat die hele skool betrek. Tydens hierdie week reik ons aktief uit na die gemeenskap en fokus op geestelike groei.

Daarbenewens neem beide die laer- en hoërskool weekliks deel aan “praise and worship”-sessies tydens skoolure, waar ons saam God aanbid en Sy teenwoordigheid beleef.